Waarheid, Heiligheid, Geregtigheid
100% Geregistreerde onafhanklike privaat skool, eie lesmateriaal
EMIS no: SW700400863 - UMALUSI no: 22 SCH01 00958
Inskrywings & toelatings - Kuruman
Inskrywings en toelatingsinligting
Hoërskool Bergvesting Kuruman vat kinders van graad R tot matriek. Daar is wel sekere vereistes waaraan ‘n leerling moet
voldoen om in aanmerking te kan kom vir toegang. Kies hier onder die korrekte afdeling waarvoor aansoek gedoen word.
Koshuisverblyf is ook beskikbaar en kan ook hier onder gereël word.
NEEM KENNIS: Leerlinge wat die skool verlaat MOET ook hier aangeteken word.
Skool
Hoërskool Bergvesting is ‘n Afrikaanse
privaat skool. Toelatings tot die skool
word streng toegepas met die volgende
kriteria in gedagte:
1.
SLEGS belydende lidmate of
persone wat die leer van die
Gemeente van die Verbondsvolk
onderskryf.
2.
SLEGS Afrikaanse onderrig.
3.
Aansoeke sal met aansoekers (ouers
en leerders) deur middel van ‘n
onderhoud met die skoolbestuur
hanteer word.
Koshuis
Toelatings tot die koshuis word ook
streng toegepas met die volgende
kriteria in gedagte:
1.
SLEGS ingeskrewe leerders by
Hoërskool Bergvesting sal toegelaat
word.
2.
Die koshuisouers handhaaf ‘n streng
beleid. Koshuisreëls kan hier onder
besigtig word.
3.
Koshuisgangers moet deur hul
ouers uitgeteken word vir uit-
naweke.
4.
Uit-naweke is verpligtend.
**Updated 2026-01-14 12:45**